Voorbereiding vir Winter

Voorbereiding vir Winter

Die somer is besig om vinnig einde se kant toe te staan en boere moet daarna begin kyk om oor te skakel van fosfaat lekke na prote?en lekke aangesien die weiding se kwaliteit begin afneem deurdat die prote?ene vanuit die bogrondse dele na die wortels geallokkeer word.? Dit word gedoen om die prote?ene in die wortel dele te stoor aangesien die bogrondse dele gaan doodryp terwyl die wortels onder die grond beskerm gaan wees.?

Die eerste voedingstof wat dus die mikrobes se vermo? om wintergras te verteer be?nvloed, is prote?ene.? Die goedkoopste manier om proteiene aan te vul is deur middle van Voergraad Ureum wat by die lekke gevoeg word.??

?Proefresultate het getoon dat die aanvulling van prote?en op winterweiding die gemiddelde ruvoerinname met 34.5 % bo dié van die kontrolegroep wat geen aanvulling ontvang het nie, verhoog het (Van Niekerk en Jacobs, 1989).? Dit is ook gevind dat die aanvulling van slegs energie (bv mielies) ‘n negatiewe uitwerking op ruvoer inname gehad het, terwyl die aanvulling van slegs fosfaat ‘n onderdrukkende uitwerking op ruvoerinname en liggaamsmassa gehad het.? Dit is dus baie belangrik dat alle voedingstowwe in balans aan die diere voorsien moet word.

?Soos ons weet is die aanvulling van fosfaat baie belangrik aangesien fosfaat teenwoordig is in alle liggaamsselle en essensie?l is vir verskeie metaboliese prosesse in die liggaam.? Hierdie prosesse sluit onder andere in die omskakeling van voer na energie en die opbou van liggaamsweefsels.?

Hoewel fosfaat egter primêr ‘n natseisoen aanvulling is, moet dit nog steeds gedurende die winter aangevul word aangesien Suid Afrikaanse gronde meestal fosfaat arm is en diere nog steeds ‘n basiese onderhoudsbehoefte vir fosfaat het.? Dit moet egter beklemtoon word dat fosfaat, soos reeds genoem, nie die eerste beperkende voedingstof in die winter is nie, prote?en is.? Prote?en moet dus eerste aangevul word en slegs daarna kan fosfaat in balans aangevul word.

Wetenskaplike veldproewe het aangetoon dat ‘n groep diere wat ‘n gebalanseerde prote?en, energie en fosfaatlek gedurende die winter ontvang het, ‘n ho?r melkproduksie in die daarop volgende nat seisoen (waar albei groepe met fosfaat gesupplementeer is) gehad het as die kontrolegroep wat net ‘n prote?en, energielek gedurend die winter ontvang het.? Moontlike redes hiervoor is dat diere fosfaat in hul liggaame (in die bene) gestoor het en dit vandaar onttrek het toe voerkwaliteit verbeter en hulle behoeftes verhoog het, of die onttrekking van fosfaat uit die bene gedurende die winter was minder, omdat daar voldoende fosfaat in die lek was.??

Die aanvulling van fosfaat gedurende die winter help dus koeie om die periode van laat winter na lente te oorbrug wanneer voldoende innames van fosfaatlekke dikwels ‘n probleem is, maar die diere se behoefte gewoonlik hoog is omdat hulle lakterend is.

Opsomming

Hoewel prote?ene in die winter die eerste beperkende voedingstof vir diereproduksie is, is die aanvulling van fosfaat nog steeds nodig vir optimale produksie in die volgende Lente en Somer.

要查看或添加评论,请登录

Yara Animal Nutrition的更多文章