Invloed van Water Kwaliteit op die Produksie van Beeste en Skape
Van alle voedingstowwe wat diere benodig, is water die belangrikste voedingstof van almal. Water maak 50 tot 80 persent van 'n dier se gewig uit en is betrokke by elke fisiologiese proses in die dier se liggaam.??
Beeste en Skape moet vrye toegang hê tot al die kwaliteit water wat hulle kan drink. Sonder water neem voerinname baie af, die dier raak ge-dehidreer en liggaamsfunksies neem af en kan selfs staak. Beskikbaarheid en kwaliteit van water kan 'n groot probleem word tydens 'n droogte.? Dit is belangrik om waterbronne gereeld tydens 'n droogte na te gaan vir waterbeskikbaarheid en -kwaliteit.??
?Waterbehoefte?
Die hoeveelheid water wat 'n dier elke dag benodig, hang af van grootte, stadium van produksie, kondisie en gemiddelde daaglikse temperatuur.? Tabel 1 toon die waterbehoeftes by 'n daaglikse ho? temperatuur van 32 grade C vir verskeie klasse vleisbeeste en skape. Waterbehoeftes verdubbel wanneer temperature van 10 tot 35 grade Celsius toeneem. Koeie en bulle sal gedurende die somermaande 15 tot 20 liter water per dag benodig. Die dieet be?nvloed ook die hoeveelheid water wat 'n dier elke dag sal benodig. Beeste/skape wat welige groen gras, wat 75 persent water bevat, benodig baie minder bykomende water as beeste/skape wat dro? voer gevoer word of hooi wat slegs 10 persent water bevat.?
?
Table 1.??Waterbehoefte vir beeste en skape by ‘n daaglikse temperatuur van 32°C.??
Tipe Bees of skaap? Daaglikse water behoefte in liter?
?
Faktore wat watergehalte be?nvloed?
Tydens 'n droogte neem waterkwaliteit af namate die konsentrasie van besoedelende stowwe toeneem wanneer water verdamp en stilstaan. Baie verbindings in water kan beeste en skape se prestasie en gesondheid negatief be?nvloed.??
Opgeloste vaste stowwe: Water wat ho? vlakke van totale opgeloste vaste stowwe (TDS) bevat, word algemeen in putte in kusstreke aangetref, en kan voerinname en daaglikse toenames van diere verlaag. Laer toenames en voerinname word nie be?nvloed as die TDS-vlak onder 3 000 dpm (dele per miljoen) is nie; moet egter nie water gebruik wat 'n TDS-vlak groter as 5 000 dpm bevat nie. Verskeie studies met beeste het getoon dat TDS in die 4 000 tot 5 000 dpm-reeks gewigs toename in voerkraal beeste verlaag het.? Dit het ook getoon dat melkproduksie by lakterende koeie verlaag het, wat 'n verlaging in speengewigte veroorsaak het.??
?
Nitrate: Nitrate vanaf mis en kunsmis is 'n toenemende probleem wat waterkwaliteit be?nvloed. Tydens droogtetydperke waar damwater en strome stagneer en verdamp, kan dit lei tot ho?r konsentrasies besoedelstowwe soos nitrate.? Die nitraat vlakke in water moet dopgehou word. Meer as 300 dpm word as onveilig beskou, minder as 100 dpm is veilig en 100-300 dpm is twyfelagtig. Wanneer weiding of voer wat hoog is in nitrate gevoer word, kan waterbesoedeling 'n ernstige probleem word.? Vrektes kan voorkom wanneer diere water hoog in nitrate drink, maar chroniese toksisiteit is meer algemeen.? Chroniese toksisiteit veroorsaak dat die diere minder vreet en dus verlaagde produksie toon. Jonger beeste is baie meer vatbaar vir nitraatvergiftiging. Vermy die grawe van damme naby gebiede waar afloop van saailande of veefasiliteite kan voorkom.?
??
Mineraalinhoud: Ander stowwe wat probleme met waterkwaliteit veroorsaak, sluit swael, yster en mangaan in. Hierdie minerale verminder waterinname as gevolg van slegte geure en/of reuke.??
Nog 'n algemene probleem is ho? vlakke van sekere minerale wat kan inmeng met die normale absorpsie van spoorminerale wat dan kan lei tot tekorte van sekere spoorminerale. Dit is die algemeenste met ho? yster- en sulfaatvlakke wat die absorpsie van koper en sink bind en verhoed.??
?
Watertemperatuur: Watertemperatuur kan ook diere se prestasie be?nvloed. Koel water help diere om behoorlike liggaamstemperatuur te handhaaf en lei tot verhoogde waterinname.? Vlak dammetjies of klein waterkrippe kan in die somer verhit en tot verminderde waterinname lei. Diep damme en grondwater wat in groot watertenks gepomp word, verhit gewoonlik nie genoeg om waterinname te be?nvloed nie.??
?
Alge: Blougroen alge is 'n watergehalteprobleem wat gewoonlik gesien word in oppervlakwater wat ryk is aan voedingstowwe.? Blougroen alge is eintlik bakterie? wat onder die regte toestande moontlik gifstowwe kan produseer wat diere kan doodmaak.???
?
Dam versus trog: Damme is 'n belangrike bron van water vir baie kuddes. Om die watergehalte in damme te verbeter, gebruik heinings om te verhoed dat diere toegang kry en sodoende dam sedimentasie verminder.??
?Opsomming??
Water is die belangrikste voedingstof vir diere, maar die verskaffing van skoon water aan beeste en skape word dikwels oor die hoof gesien. Die meeste probleme sal in die somer voorkom wanneer damwater met mis, opgeloste vaste stowwe, nitrate, alge of sulfate besmet is.? Swak waterkwaliteit kan lei tot swak groei, melkproduksie en swak reproduksie wat dikwels ongesiens verbygaan, maar dit kan ook dodelik wees. Spesiale aandag moet gegee word aan waterkwaliteit gedurende die warm somermaande wanneer die meeste probleme voorkom. Die gebruik van die beste kwaliteit water beskikbaar sal bydra tot die optimale produksie van diere.? Drinkwaterkwaliteit behoort deel te wees van 'n evaluering wanneer daar 'n probleem met swak diereprestasie is.??