Ho? kwaliteit fosfaat aanvulling – sleutel tot sukses
Fosfaat is dié essensi?le element wat betrokke is by energie en nutrient metabolisme in die liggaam. ‘n Tekort aan hierdie mineraal, het ‘n negatiewe invloed op die produksie (bv. melkproduksie) en vrugbaarheid van ‘n kudde.????
?Sodra ‘n koei kalf is haar voedingsbehoefte en spesifiek ook haar fosfaat behoefte meer as dubbel haar onderhoudsbehoefte, aangesien sy nou in haar eie sowel as die behoeftes van haar groeiende kalf moet voorsien.??
Dit is algemeen bekend dat Suid Afrikaanse gronde arm is aan fosfaat - groen somerweiding het ‘n? gemiddelde P inhoud van? 0.12 %, terwyl dit tot so laag as 0.06 % in die winter kan daal.? Die kwaliteit van die weiding gedurende die laat winter en lente is dus op sy laagste, terwyl die koei se behoefte op haar hoogste is.?? Melk bevat sowat 1 g fosfaat per liter melk wat geproduseer word.? Dit is dus belangrik dat koeie gedurende laktasie en veral vroe? laktasie voldoende fosfaat van ‘n ho? kwaliteit sal ontvang, aangesien die veld eenvoudig nie aan haar behoefte kan voorsien nie.??
?Dit is duidelik dat fosfaat aanvulling ‘n belangrike deel van elke Boerdery moet wees, maar die prys van fosfate het in die laaste paar maande so geweldig toegeneem, dat baie produsente oorweeg om die aanvulling te verminder of self op te hou.???
Yara Animal Nutrition bied aan die boer Kimtrafos 12 Grandé, ‘n fosfaat spoormineraal konsentraat vir die aanvulling van fosfaat sowel as spoorminerale.? Wanneer Kimtrafos 12 Grandé aangekoop word, is dit baie belangrik om nie vas te kyk teen die sakkoste nie want dit moet in ag geneem word dat Kimtrafos 12 Grandé ‘n konsentraat is.? Dit beteken dat Kimtrafos 12 Grandé 50/50 met sout afgemeng moet word.? So, alhoewel die sakkoste van die produk baie hoog is, word dit amper halveer wanneer dit met sout gemeng word.?
Net so word ander fosfaat bronne soos Kynofos 21 se kostes ook baie verlaag wanneer dit volgens aanbeveling afgemeng word.? Die volgende tabel toon die menginstruksies van verskillende fosfaat bronne aan:?
Tabel 1 Meng aanbevelings van verskillende fosfaat bronne?
Moenie vaskyk in fosfaat aanvullings se sakprys nie.? Sodra dit afgemeng word, daal die koste van die aanvulling.? Gee dus jou diere die fosfaat wat hulle benodig hierdie somer, gee hulle Kimtrafos 12 Grandé!??
Kontak ‘n Yara Animal Nutrition voedingkundige? by 082?322 0333 of Yara verteenwoordiger, Jaco Noeth, by 079?527 2149 vir verdere navrae? en aanbevelings.?