Die wenpaal
By Marietjie Uys (MIekie)

Die wenpaal

As jy 'n pad van geloof loop,

dan is daar noodwendig hoop,

het jy rede om aan te gaan,

want daar is Een wat jou verstaan.


Maar as jy kies om nie te glo

daar is Iemand in beheer daar bo,

dan moet jy self jou lot bepaal,

jou teen die lewensslae staal.


Ons albei moet oor kole loop,

die lewe sal ons daartoe noop,

maar jy doen dit in eie krag,

wyl Iemand my elk’ tree betrag.


En as jy dan alleen daar staan,

oorwinnaar in jou lewensbaan,

dan juig nie een saam met jou nie

en niemand gee 'n duit om nie.


Maar ek kom by 'n skare aan

wat my begroet met laggend-traan,

wat my met liefde daar ontmoet

en welkom heet met Goddelik groet.


Jy kan my gedigte op die blog A Pretty Author - Miekie lees:

https://aprettyauthormiekie.blogspot.com/2019/11/die-wenpaal.html

要查看或添加评论,请登录