Bolifor Magnesium Fosfaat (MGP+)

Bolifor Magnesium Fosfaat (MGP+)

Om optimale produksie en reproduksie van diere te verseker, is dit algemene praktyk in Suid Afrika om fosfaat aanvullings gedurende die somer maande, maar ook gedurende die winter aan die diere te voorsien.? Navorsing asook ondervinding het egter getoon dat die aanvulling van magnesiumin kombinasie met fosfaat, verhoogde produksie asook reproduksie tot gevolg het.? Bolifor MGP+, is ‘n kombinasie fosfaat en magnesium aanvulling om fosfaat, magnesium sowel as swael aan weidende diere te verskaf, optimale produksie te verseker en winsgewendheid te verbeter.?

?

Magnesium is, net soos kalsium en fosfaat, een van die makro minerale en word elke dag benodig vir verskeie liggaams funksies van alle soogdiere, insluitende herkouers soos skape, bokke en beeste. Magnesium se funksies sluit onder andere in, die werking as ko-faktor vir meer as driehonderd ensiem sisteme wat betrokke is by koolhidraat, prote?en en vet metabolisme in die liggaam, senuwee oordraging, spier sametrekkings en die strukturele komponet van been formasie. Magnesium tekorte kan lei tot swakheid, spierkrampe (grass staggers) en melkkoors by plaasdiere en algehele ekonomiese verliese vir die produsent tot gevolg hê.?

?Sewentig persent van die magnesium in die liggaam word in die bene gestoor. Om magnesium uit die bene te mobiliseer is ‘n baie komplekse proses wat slegs plaasvind as ‘n reaksie op kalsium mobilisering, om die kalsium vlakke in die bloed aan te vul.? Diere is dus daagliks afhanklik van magnesium opname vanuit hulle di?te om in hul daaglikse magnesium behoeftes te voorsien.?

?Om ‘n konstante daaglikse inname van magnesium te verseker, bied ons by Yara Animal Nutrition ‘n Magnesium Fosfaat (MGP+) met swael aan die boer.? Hierdie produk is ‘n unieke voergraad kombinasie van magnesium, fosfaat en swael. Swael speeel ’n uiters belangrike rol in die optimale werking van rumenmikrobes.?? Al drie hierdie elemente word op ’n daaglikse basis deur die dier benodig. Die produk is in ’n korrelvorm met ‘n magnesium inhoud van 24 %, fosfaat inhoud van 13.5 % en swael inhoud van 2 %.?? MGP+ bevat minder as 1 % kalsium en is dus uiters geskik vir gebruik in gebiede met ‘n ho? kalsiuminhoud in die grond en water.???


?Vir die magnesium in ’n magnesium bron om vanuit die rumen geabsorbeer te word, moet dit oplosbaar wees in die rumen.? MGP+ het ‘n uitstekende biologiese beskikbaarheid van beide die magnesium en die fosfaat in die produk. Die magnesium vanaf MGP+ is 55 % beskikbaar, wat gemiddeld 65 – 75 % meer is as die beskikbaarheid van magnesium vanaf ’n bron soos Magnesium Oksied (MgO).? Die fosfaat in MGP+ het ’n soortgelyke verteerbaarheid as MCP, naamlik 80 %.??

Die gebruik van MGP+ in formulasies spaar plek in die formulasie aangesien minder van ’n magnesium bron, maar ook minder van ’n anorganiese fosfaatbron gebruik hoef te word en aangesien MGP+ reeds swael bevat vir die optimale werking van rumenmikrobes, kan die swael ook verminder word.?

?MGP+ het ’n baie konstante samestelling en ’n swaarmetaal inhoud van ver onder die toelaatbare vlakke soos uiteengesit deur die Europese Unie se Standaarde.?

?Vir verdere inligting kontak ’n Yara Animal Nutrition Voedingkundige by 082?322 0333.????

?

要查看或添加评论,请登录

Yara Animal Nutrition的更多文章